Wet op Gelyke Indiensneming dringende aansoek afgekeur: NEASA en Sakeliga se volgende hofstappe.

In hierdie onderhoud op OFM bespreek Jaco Swart, Nasionale Bestuurder van NEASA, die verwikkelinge rondom NEASA en Sakeliga se dringende aansoek teen die Wet op Gelyke Indiensneming.

Hoewel die aansoek van die hand gewys is en die petisie tot die Hoogste Hof van Appèl nie suksesvol was nie, is geen redes vir die beslissing verskaf nie.

Die hof het bloot aangedui dat daar volgens hul mening nie ’n redelike kans op sukses met ’n appèl bestaan nie.

NEASA en Sakeliga dui aan dat hierdie terugslag egter nie die einde van die saak nie, maar slegs die begin van ’n groter regsstryd teen die Departement van Arbeid.

Die organisasies is vasbeslote om voort te gaan met verdere regstappe om werkgewers se regte te beskerm en die implementering van die wet te beveg.

Email us

Fill out the form below, and we will be in touch shortly.