Gerhard Papenfus: SA onder VSA-Ondersoek: Ras-beleide bedreig werk, uitvoere & ekonomiese groei.

Suid-Afrika is een van sowat 60 lande wat tans deur die VSA ondersoek word vir moontlike onbillike handelspraktyke en die gebruik van produkte wat met dwangarbeid vervaardig is.

In hierdie gesprek met Pretoria FM verduidelik Gerhard Papenfus, Uitvoerende Hoof van NEASA die implikasies van dié ondersoek en waarom dit ’n direkte bedreiging vir Suid-Afrika se werksekerheid en handelsverhoudinge kan inhou.

Hy wys daarop dat, sou die VSA bevind dat Suid-Afrika nie aan hul vereistes voldoen nie, dit kan lei tot strawwer tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere — met veral landbou en vervaardiging wat die swaarste getref kan word.

Die onderhoud raak ook aan Suid-Afrika se wetgewende raamwerk en hoe sekere beleide moontlik internasionaal as diskriminerend beskou kan word.

Email us

Fill out the form below, and we will be in touch shortly.