Gerhard Papenfus op RSG: NEASA en Sakeliga se volgende skuif teen die Wet op Gelyke Indiensneming

Gerhard Papenfus, Uitvoerende hoof van NEASA, gesels oor die dringende aansoek wat NEASA en Sakeliga gebring het om die inwerkingtreding van die Wet op Gelyke Indiensneming te stop en die uitdagings wat hulle in die hof teëgekom het.

Ondanks dat die dringende aansoek en daaropvolgende appèlle van die hand gewys is, berei NEASA en Sakeliga nou voor om die beleid in ‘n volle hofsaak aan te val.

Papenfus verduidelik hoe die wet streng kwotas op grond van ras en geslag afdwing, wat praktyk- en kultuursgewys groot uitdagings vir besighede skep.

Hy bespreek ook waarom die wet nie werkbaar is nie, besigheidstrukture ondermyn en skadelik vir die ekonomie is.

Hierdie onderhoud bied insig in die voortgesette stryd vir werkgewers se regte en die breër implikasies van regeringsingryping in sake.

Email us

Fill out the form below, and we will be in touch shortly.