Gerhard Papenfus op Pretoria FM: Groot botsing op pad: VSA daag Suid-Afrika se rassebeleid uit.

In hierdie onderhoud op Pretoria FM bespreek Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van NEASA, die moontlike ernstige implikasies van ’n ondersoek deur die VSA na beweerde diskriminasie in Suid-Afrika.

Die VSA oorweeg om handeldryf met Suid-Afrika te stop – ’n stap wat groot gevolge vir plaaslike besighede kan hê.

Hierdie spanning spruit uit die ANC se ras- en diskriminasiebeleide. Amerika is tans Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot, wat die potensiële ekonomiese impak nog groter maak.

Hy verduidelik ook hoe beleidsraamwerke Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) besighede in ’n moeilike posisie plaas. Baie maatskappye het nie BEE-strukture uit vrye keuse ingestel nie, maar omdat dit noodsaaklik geword het vir hul oorlewing in die mark.

Vir meer, besoek #neasa op alle sosiale media platforms.

Email us

Fill out the form below, and we will be in touch shortly.